By Isabella Schoeman on Friday, 20 July 2018
Category: Isabella Schoeman

Sorry it’s in Afrikaans

Bikes, brakke, die baba Jesus

Ek smag na wysheid, ek sien die krisis

 

Ligte gly verby oor ‘n besige pad

Niemand wil gee nie, almal wil vat

 

Is jy gemaklik in jou 5 ster hotel?

Is jy gemaklik, voel jy tuis in die hel?

Noem my skynheilig, noem my ‘n vegter, noem my ‘n sendeling,

maak my ‘n enkeling

 

Dis donker waar die lig nie skyn nie

Almal lieg, “my lewe is great, ek het nie pyn nie”

Hoe lank wil jy lewe?

 Eintlik is jy dood.

Jammer as jy skrik 

Maar God is groot

 

Cebu City slaap nie en die mense is moeg

Die president van die land sê die rys is genoeg

 

Die rys is genoeg maar die geld is min

Malnutrition is ‘n hartseer ding

 

Hoekom hou ons kerk in die Harolds hotel?

Reg langs die slums, asseblief kan jy vertel?

 

Ja ek praat baie en my hart kraak oop

Wyd genoeg vir liefde om te loop

In te loop en uit te spoel

‘n Hart sonder liefde was nooit die doel

 

Lê jou lewe bietjie vir baie neer

Instagram begin my insta-irriteer

Sit af jou foon, klap toe jou Mac

Sê vir reputasie : hou jou bek

 

Klim die berg en gaan stap met die hond

Avontuur is soeter as heuning om die mond.

Gesels ‘n slag met jou ouma en oupa

Doen die dinge wat jy van hou

Hou op om die wêreld se standaarde te kou.

Spoeg dit uit, proe iets ryker

Bitter smaak is ‘n dealbreaker

 

Uithouvermoë is nie uitgee tot jy uitbrand

Uithouvermoë is leef met ‘n oop hand

Die Here staan met sy arms oop

Ek sal weet, ek leef in hoop.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave Comments