From Johannes, a servant of Christ Jesus and an apostle chosen and called by God to preach his Good News.
The Good News was promised long ago by God through his prophets, as written in the Holy Scriptures. It is about his Son, our Lord Jesus Christ: as to his humanity, he was born a descendant of David; as to his divine holiness, he was shown with great power to be the Son of God by being raised from death.
Through him God gave me the privilege of being an apostle for the sake of Christ, in order to lead people of all nations to believe and obey.
This also includes you who are in South Africa, whom God has called to belong to Jesus Christ. & nbsp; Rom 1:1-6
I'm a little guy with a big dream...
My "Life Message" - Live beautifully, love passionately & give everything you have to impact the culture in your surrounding, for the good of others and the Glory of God strong>...
Van kleintyd af het ek ‘n passie vir die Here gehad, maar dit was eers die laaste 4 jaar wat ek my volle self gegee het vir Hom en Sy voluit ervaar het en dit is onbeskryflik lewegewend. Sederdien het ek al ‘n paar groot projekte aangepak en Hy het my geweldig baie geseen in alles wat ek begin het; eerstens om dit klaar te maak en tweedens om dit in ‘excellence' te doen.
Om te waag, om adrenalien te laat pomp en om iets te doen wat werklik ‘n verskil maak, is deel van die samestelling van ‘n jongmens! Dit is deel van my DNA.
Daarom het ek die geleentheid aangegryp wat my gegun is om op ‘n mission trip te gaan om dienswerk te doen in verskillende lande om die wereld vir 3maande lank aan die einde van hierdie jaar.
Global Challenge is ‘n ‘n unieke manier om hierdie passie van my te kanaliseer saam met ‘n groep jong Christene. Daar is tussen 16 en 24 wat gekeur word en ek is een van die wat gekeur is.
Die Global Challenge kan gesien word as:
Ses korttermyn uitreike wat aanmekaar gelas is.
Dit is ‘n Experiencial Learning Expedition om die dienskarakter van Christus na te volg & te Groei in leierskapsvaardighede. Dis ‘n Pelgrimsreis na jou eie hart en Kennismaking met Christen leiers reg oor die Wereld.
Jesus was ‘n Reisiger. Hy het gedurig Sy dissipels geleer terwyl hulle van dorp na dorp gereis het.
Voorbeelde daarvan was Jesus op die berg, Jesus by die see, in mense se huise en dan meer formeel in die sinagoges. Soos wat Jesus gereis het, het Hy ook mense se behoeftes bevredig as Hy by hulle gekom het. Dit is die kern van sending.
Die Global Challenge is ontwerp vir mense met dieselfde gene.
- § Ek wil leer om die stem van die Reisiger te hoor,
- § om Sy hart te ken,
- § om Sy roepstem te antwoord
- § en om die verborgenhede in die Woord te ontdek.
Die Global Challenge is ‘n hoe tempo reis waar ek nie die geleentheid gaan kry om gemaklik te raak nie.
Ek gaan God se guns eerstehands ervaar en jong mense sien wat alles gee vir Sy Koninkryk.
Dit is ‘n ervarings gebasseerde leeromgewing, m.a.w. dit is aktief.
Alles wat ek al geleer het van Christus moet ek nou toepas. Skielik gaan ek nie meer kan staatmaak op my Sondagskool antwoordjies nie, maar ek moet heeltyd in kontak wees met God deur die Heilige Gees om te weet hoe om elke situasies te hanteer. Ek dink die blootstelling wat ek gaan kry is finominaal. My persepsie gaan verander, want ek gaan te doen kry met baie verskillende kulture.
En as ek terugkom gaan ek soveel meer vaardig wees in evangelisasie, bediening, initiasie, lering en uitbreiding [nationaal en inter-] van Camp David (waar die Here my geplaas het om onder jong manne te werk), want ek gaan soveel gegroei het in Christus en Hom beleef op ‘n heel ander vlak.
Die reis gaan my ook leer om ‘n leefstyl van eenvoud, onselfsugtigheid en diensbare leierskap uit te leef.
En laastens dink ek ek gaan beslis ‘n stuk passie en potensiaal in myself ontdek en dit is wat ek gaan nodig kry om my roeping te vervul.
Die visie vir my lewe
Evangelize, Establish, Equip & Expand the Kingdom of Jesus Christ.
"... die engel sê vir hom (Sagaria): Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.
En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees; want hy sal groot wees voor die Here.
En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God. En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía strong>, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei." Luk 1:13-17
Bon Voyage,
Johannes Wagner
Accepting Responsibility, Rejecting Passivity & Leading Courageously
Mobile: 082 783 4309
Email: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.