Shalom!
Hierdie kant gaan dit goed, ek geniet Jerusalem die meeste! Alhoewel dit God se land is en Sy stad hierdie is dit so 'n weerspieeling is van wat aangaan in die wereld. Hier is nie net Jode nie, nee nee, hier is mense van alle nasies, stamme, tale, volke en gelowe. Dis Crazy.
Die plek is die hoogtepunt van my journey sover! Skrif se:
"Blessed is the man whose strength is in the Lord, who's heart is set on a pilgrimage to Jerusalem". You can call me blessed!
Ons het 6 Januarie hier aangekom en ingeboek in hostel (dis die goedkoopste). 7de het ons 'n geskiedenis les gekry oor Jerusalem wat baie insiggewend was. Daarna was ons by die Holocast museum (Yad Vishem), wat handel oor die 2de wereld oorlog en die onderdrukking van die Jode deur Hitler en sy Nazi's. Dit was hart-roerend vir my, so tragies om die hartseer te
sien in die foto's en video's en getuienisse van die uitstallings.
Gister het ons die Via Dolorosa gestap (die kruispad).
Dit was 'n ontnugtering en diepe besef van wat Jesus deur is vir ons. Ons het begin by die Olyfberg (wat nie regtig 'n berg is nie, meer soos 'n koppie) en skrif gelees - Luk. 19:28-40, die "triumphal entry" van Jesus op die donkie.
Ek proclaim saam met die skrif:
"Blessed is the King who comes in the name of the Lord. Peace in heaven and glory in the highest"
Dit is ook die plek waar Jesus getreur het oor Jerusalem.(Luk. 19:1-44).
Toe stap ons af na Getsemani waar Jesus se sweet bloed geword het (Luk. 22:39-46) [besef net die grootheid daarvan vir 'n oomblik en neem ter harte wat Jesus op daardie oomblik vir Sy dissipels gese het wat gele en slaap het terwyl Hy hulle gevra het om te bid:
"Why do you sleep? Watch and pray so that you don't
fall into temptation! The Spirit is willing, but the flesh is weak..."
Toe gaan ons by die Ou Stad se hek in om die pad te begin van waar Jesus die kruis opgeneem het, tot waar Hy gekruisig is. Daar is soos hulle dit noem, "14 stations of the Cross" wat significance het en Bybels is. Dit is iets om te beleef, ek leer baie dinge wat ek nooit eers geweet het nie.
Stages of the cross:
1 - Jesus is condemned to death (John 18:28)
2 - Jesus takes up the Cross (John 19:1 & 16)
3 - Jesus falls under the Cross for the first time (Lam. 1:16)
4 - Jesus meets His mother (Lam. 1:12)
5 - Simon the Cyrenian is forced to carry the Cross (Mark 15:21)
6 - Veronica wipes the sweat from Jesus' face
7 - Jesus falls for the second time (Isa 63:9)
8 - Jesus consoles the women of Jerusalem (Luke 23:28)
9 - Jesus falls for the third time (Ps. 40:8)
10 - Jesus is stripped of His garment (Isa 1:6)
11 -
Jesus is nailed to the Cross (Ps. 22 & John 19:17)
12 - Jesus dies on the Cross (Matt. 27:50)
13 - Jesus is taken down from the Cross (Luke 25:53)
14 - Jesus is laid in the Tomb (Matt. 27:59)
[Ek sal 'n dvd maak met beste foto's op en op aanvraag stuur]
Ek't 2 amazing skrifte gekry gedurende die pelgrimsreis.
Eerste was op Olyfberg: Luk. 12:42-48
Tweede was onder die kruis waar die rots geskeur het (hulle het dit so uitgegrawe en daar is nou 'n kerk): Rom. 15:5 & 6
Lees dit gerus.
In die graf is daar die PROFOUND statement:
"He is not here, for He is risen!!" (Mark 16:6)
Alleluia... Alleluia... Alleluia!!!
Wat 'n vreugde is dit nie vir ons om te weet ons Verlosser leef en tree in vir ons nie!
Vandag het ons weer 'n lekker fisiese werk dag gehad.
In Betlehem by 'n Coptic
Orthodox Church waar hullle 'n watergat ontdek het. Ons het klippe rondgeskuif en 'n pomp geinstaleer, gaan more weer terug daarna toe. Free Running gedoen tussen geboue, oh yeah, Sweeeet Adrenalin Pumpin Stuff!
Verder het ek vir my 'n wonderlike geskenk gekoop:
Dis 'n silwer ring wat se: "Ani Le dodi v'dodi Lee",
Hebreeus vir "I am His beloved and He is mine!"
Is dit nie waar nie?! Ek is so verlief op die Mesias.
Dankie vir elkeen se belangstelling en liefde, waardeer dit so.
Geniet die dag en onthou om te lag, as die lewe swaer voel, weet net jou kruis is nie die swaerste nie, Hy het reeds die prys betaal vir jou geregtigheid, vrede en blydskap (Koninkryk - Rom 14:17), so vat dit vir jouself en leef dit.
Groete uit die Heilige stad.
PS: Lees ook Ps. 122 en bly intree vir die vrede in Jerusalem en oorlog in Gaza, mens voel die
tension hier...
Johannes Stefanus Josua Samuel