Kan julle glo dis al 'n maand wat ons weg is uit SA!!!!!!
En daar het al so baie gebeur die tyd. Ons is op die stadiu in DEHAB dis so mooi hier.
Die Here het ons nog net kom bederf die maand. Ek leer so baie van myself en van die Here. Ek verstaan nou meer as ek die Bybel lees nadat ons al die plekke besoek het.
Dit was vir my die beste toe ons by die lee graf staan. Ek het op nuut weer besef die Here leef en hy het dit vir my en jou gedoen.
Ek sien baie uit daarna om te sien wat nog alles gaan gebeur die tyd wat voorle. ons gaan na mount Zion toe gaan.
Ek het gesnorkel en ek hou niks daarvan om te swem nie. Die Here help my baie om oor my vreese te kom.
Prys die Here vir alles wat Hy doen