By Christine Taljaard on Monday, 25 March 2013
Category: Christine Taljaard

My sonder pretensie Afrika gedig

My sonder pretiensie Afrika gedig

 

Die onregverdigheid van agterbly,

kom maak hom tuis soos 'n ongenooide gas

want hoe kokm jy, vreesloos, grensloos, vleesloos

rondhuppel deur die Jordaan,

terwyl ek weerloos, sonder jou my ousus, hierdie kant moet bly staan.

 

Iewers tussen Jeffreys en die Knysnabos,

los ek my gebroke hart,

verruil ek hom vir tand en tydlose Afrika glimlagte

wag ek geduldig vir volmaakte Godsheling om te kom

 

Soos Paulus verstaan ek ook nou beter,

om te lewe is Christus, te sterwe 'n wins

want jy was nooit myne om te hou nie,

nie toe nie en ook nie nou nie.

 

En ek besef te gou

kwalifikasies trou en kinders kry is genadegeskenke van Bo

sal op die regte tyd kom en ons oogwink aardse lewe volmaak

vir nou bestaan my sielsreis uit ek en U

dis genoeg vir my, dis genade, dis my bruilofsuur.

 

Ek het oorgegee, my sak is gepak

gebruik my Pappa Vader

vir die plan in U hart

mag U wil geskied, mag U koninkryk kom,

Ook vir ons 5, U kinders, onder hierdie geharde Afrika son.

 

 

Related Posts

Leave Comments