My sonder pretiensie Afrika gedig
Die onregverdigheid van agterbly,
kom maak hom tuis soos 'n ongenooide gas
want hoe kokm jy, vreesloos, grensloos, vleesloos
rondhuppel deur die Jordaan,
terwyl ek weerloos, sonder jou my ousus, hierdie kant moet bly staan.
Iewers tussen Jeffreys en die Knysnabos,
los ek my gebroke hart,
verruil ek hom vir tand en tydlose Afrika glimlagte
wag ek geduldig vir volmaakte Godsheling om te kom
Soos Paulus verstaan ek ook nou beter,
om te lewe is Christus, te sterwe 'n wins
want jy was nooit myne om te hou nie,
nie toe nie en ook nie nou nie.
En ek besef te gou
kwalifikasies trou en kinders kry is genadegeskenke van Bo
sal op die regte tyd kom en ons oogwink aardse lewe volmaak
vir nou bestaan my sielsreis uit ek en U
dis genoeg vir my, dis genade, dis my bruilofsuur.
Ek het oorgegee, my sak is gepak
gebruik my Pappa Vader
vir die plan in U hart
mag U wil geskied, mag U koninkryk kom,
Ook vir ons 5, U kinders, onder hierdie geharde Afrika son.
Comments
Well done Christine, oorgee is nooit maklik nie. Hier leef jy nou jou eie droom. Make every moment count
Sjoe dis pragig geskryf - Mag die Abba Vader julle seen op julle Afrika-reis!!
:-)
Nice, well done!
Wonderlik dat jy jou emosies so in 'n gedig kan verwoord. Mag Vader baie naby jou wees - HY alleen is jou "Healer". xxx
Dis moooi christine! Bid vir jou/julle!