Luke 10- Ecuador.. in a nutshell - die BLOU span- ek, Charlotte, Jana & Jansie
Dag 1 : Ons is die oggend 11uur weg by die nice backpackers in Quito na die dorpie Mira- het as span gebid en gevoel ons moet soentoe, daar is by die 12 duisend inwoners in Mira waarvan meeste op plase werk as general labors, dus is dit 'n arm dorpie. Afstand gewys is dit redelik naby (300km) aan mekaar mar agv die Andes berge, vat dit baie lank om iewers uit te kom. Net buite die backpackers het ons by locals uitgevind waar ons kan hitch hike, hulle sien toe- 'o my word die jong mense gan sukkel', en gee ons $1 om die tram te vat tot buite die midde stad. 3 busse later is ons uit en begin toe hitch hike. 1 Trok en 2 bakkie lifts later was ons in die stad Ibarra, waar ons lank sonder lift gewag het- Mira is vd hoofpad af, berg op en nie veel mense gan soentoe nie, wat ons lat wonder het... "gan ons vanaand daar uit kom?" Net daarna kom 'n bus met MIRA groot voorop verby en gee ons verniet 'n rit tot in Mira.. God is goed! Dit was nog so uur en 'n half se ry in die bus. Daar aangekom net na 18:00 is ons by die Sentrale Park afgelaai waar ons gan sit het.
20minute daar gesit, met kinders gesels, Charlotte het kitaar gespeel en ekt geraas gemaak met my harmonica.. Dis toe Carlos in sy kar stop en vra waarheen gan ons. Ons se ons weet nog nie mar ons weet ons moet in Mira wees. Hy lat ons toe in sy oupa se woonstel- wat leeg staan, reg oorkant die park slaap. Hyt sy vrou en baba dogtertjie aan ons kom voorstel, koffie en koekies gebring en ja toe speel hy en Jana kitaar, ons sing en leer mekaar ken. Ons het 4aande daar geslaap. Carlos is 32, werk vir die Munisipaliteit en is in beheer van toeriste van daardie provinsie. Sy vrou is 'n dokter en hul baba dogtertjie is te cute vir woorde.
Dag 2 : In die dag het ons nie planne gehad nie. Oggend bybelstudie en gebed was 'n norm. Ons was by die hospitaal, 'n organisasie wat mense help met basiese benodigheded, 'n kinder sorg sentrum ens. om te hoor of ons hulle kan help op enige manier. Ons het die 1ste dag die pad op gestap en net met random mense gesels- wel ons het dit meeste vd dae gedoen, nie eers 2strate van die woonstel het ons met mense gesels, ons is ingenooi en het vir hulle gebid.. toe gee hulle ons roomys en koeldrank (vir ontbyt). Verder die pad op het ons 'n tannie gesien wat sit en alleen mielies verwerk, sy se die mense vd dorp is kwaad vir God want Hy stuur nie reen nie. Ons het haar gehelp daarmee tot die hele sak smielies sorteer was. (Note: dit vat lank, mielies werk vir 'n honger maag;) Daarna het sy en haar vriendin ons genooi vir middag ete, wat ons aandete ook was. Hulle mans het daar aangekom na werk en ons het vir hulle ook gebid. DIt was amazing om te sien hoe oop en honger hulle is vir die woord/waarheid.
Aand- Carlos se broer, Diego, kom groet en nooi ons om saam met hulle te gan swem... dit was random want dit was 9uur die aand, ons dog okay dis seker na 'n indoor gim swembad.... Toe nie, dis na thermal vulkaan poele, 45minute weg, in die pragtige berge. Dit was 'n fun laat aand ervaring saam met die 2 broers, sy vrou en Diego se meisie- daar is 'n klomp swembaddens met verskillende groottes, warmste bo en kouer laer. Die warmste een is 42 grade, ons het dit geniet en op 'n stadium laf gewees en tussen die warm en koude swembaddens gespring..
Dag 3 : 10uur die oggend is ons kerk toe- na die enigste babtist kerk in die dorp, na kerk gesels ons met pastoor Diego en ons eindig op by hulle huis vir middag ete. Ons was die res vd dag daar besig by hulle huis met; 'n game Monopoly, het hulle van Global vertel en geluister na sy testimony, wat ek later sal vertel. Die middag laat is ons trug na Carlos se plek waar ons 4 gesels het tot laat aand.
Dag 4 (30 Sept): Oggend stap ons na die 'Hope for family foundation' om te hoor wat hulle doen en of ons daar kan 'serve'. Ons kan nie want hulle fondse is laag, so hulle kan nie veel op die oomblik doen nie, hulle is afhanklik van donasies. Daarna het ons by winkeltjies verby gestap, gestop en daar met mense gesels.. Ekt met 'n vrou wat 'n internet cafe besit gesit en oor google translate met haar gesels want my Spaans is nowhere, sad to say mar na al die tyd is ek steeds useless met Spaans- wens ek het vroeer meer aandag daaran gegee. Daarna het ek het met 'n vrou van 30- wat 'n sweets winkeltjie het gesels in broken Spanglish, toe dit nie werk nie speel ons 'n game skaak en luister na gospel musiek. Sy en haar boyfriend is ateiste. Jesus wou my daar he! Middag 5uur het ons vrouens vd kerk gekry toe stap ons op na die bo punt van Mira om vir 'n meisie te bid wat baie seer gekry het in 'n kar ongeluk. Dis wonderlik om te sien hoe dedicated hulle is en hoe God hier werk. Klein dorpie met catolieke kerke en mense oral, die mense vd babtiste kerkie het baie teenstand van die Catolieke en word uitgesny, lang storie mar dis ongelooflik hoe hulle lewe en sterk in Jesus staan. Oppad trug na die woonstel (Carlos sin, eintlik sy oupa sin) toe nooi die een tannie ons vir aandete by haar huis- waar ons getreat is met lekker kos en great geselsskap.
Dag 5 : Oggend half 7 is ons sak en pak uit die woonstel... Carlos se ouma het die vorige aand 10uur kom se dat hulle mense kry en dat ons 06:30 moet uit wees. Ons het oorkant in die sentrale park gan sit, gelees en met mense gesels. Jansie het daar met 'n man gesels en toe besluit sy om hom te wys waar die babtiste kerk is, toe kry sy pastoor Diego daar wat ons nooi om daar te kom slaap. (Les daaruit geleer: Rus in God en Hy sal voorsien!- soos talle kere tevoor.) Die hele storie van hoe die Here Jansie gebruik het om daardie man van Jesus te vertel is 'n amazing testimony! Ons sakke by die kerk gelos, toe stap ek na die onder kant vd dorp om die view te kyk, dis baie mooi, hoog in die berge- ook koud, behalwe dat dit baie baie droog is wat beteken dis bruin en nie groen nie. Ons het gan basketball speel met 'n 21jare girl wat ons vroeer ontmoet het. Daar het ek in 'n 30m binnehuisse KOUE swembad geswem en kans gekry om met die jong manne wat besig was met swem lesse te gesels.. eks onfiks! 6uur die aand was ons 4 in die kleuterskool kamer waar ons die volgende 4 aande slaap, koud, moeg en honger. Pastoor Diego het ons die nice kombuis en als gewys wat ons kan gebruik mar weet nie dat ons sonder kos of geld is nie, haha. So halfuur later klop Diego en sy vrou met hul 2 kids aan die deur, hulle het besef, 'O ja hulle is op 'n Luke 10' en daar bring hulle hoender, rys, koffie en buns! Die nice, die mees plat op die aard mense hoor, arm arm mar tog so high op God. Sy suster- Maritza bly ook op die perseel vd kerk, ons almal maak toe saam kos en kuier saam tot laat aand in die kombuis.
Dag 6 : Ek kon nie slaap nie, hele aand wakker gewees, vroeg oggend is ek na die dak waar ek le en sterre kyk/ studeer het. Elke oggend 5uur vir die week is daar gebed by die kerk en daarna het ons bybelstudie gedoen. 7uur klaar en uit om eiers & brood te koop. Diego, sy vrou het van daar elke dag vir ons 3 etes gegee. Hul het ook baie tyd saam met ons spandeer, sy werk nie en hy is 'n voltydse pastoor. Hyt 10jaar trug geskuif van Catoliek en glo presies wat ons glo, dit was wonderlik om by hulle betrokke te wees, die Heilige Gees se teenwoordigheid kon sterk gevoel word. Ons het saam met hom gestap deur die dag en met mense gesels, die aand was daar 'n diens en ja kan nie verder onthou nie.
Dag 7 : 5uur bid, net ons 4 en Diego is daar, die kerkie het seker so 30 lidmate, om te sien hoe dedicated hy is al is daar niemand is regtig 'n inspirasie, hy bid vir hulle, vir God se wil en se dat daar niks sterker as gebed is nie- direkte kontak met God. Kan nie die oggend onthou nie mar die middag het ek en hy visse gan koop en lekker ete gemaak. 14:00 is ons 4 na die hospitaal waar ons vrouens gekry het wat weekliks uit gan na net buite die dorp om met ou mense te deel, so weeklikse program. Daar het ons op 'n boer- Herman, se plaas gestap, vir hulle sakke vol avocado's, suurlemoene en nartjies gepluk. Hulle eet marmotte! Ons het dit tot nou toe nog nie geeet nie mar ek sal dit probeer, hulle braai dit kop en al en sit dit so op die bord. Ek en Jansie het die statue drama gedoen, liedjies gesing en ja met mans gesels en hulle het met die anties gechat. Herman het ons in sy mazda single cab gan aflaai en toe almal afgelaai is, besef ons al die sakke is nog op die bakkie, toe is die 5 vol kruidenierswaar sakke vol avo's, suur.. en nartjies vir ons bedoel. Die mense is something else, hul harte is van goud! Die aand is ek en Charlotte na 'n klein huis kerkie waarna ons genooi is deur een vd baie verskillende mense waarmee ons deur die week gepraat het. Dit was interessant, ekt geweet ek moet bid vir die pastoor en toe ons halfpad deur die diens onsself moet verskoon toe bid ek vir hom & die kerk lede en hy vir my en Charlotte. Jansie en Jana is in daai tyd saam met Diego, sy vrou en kids na 'n famielie waar hulle iets soos huis besoek gedoen het, ek en Charlotte het daar by hulle aangesluit. Ek en Diego se dogtertjie het so lekker gespeel, aangesien ek so min vd spaans verstaan soek ek heeltyd iets anders om te doen... Lees, bid, teken, kyk rond, sit en irriteer myself, sulke goed ;)
Dag 8 : 5 uur bid en bybel studie. Daarna bak ons vir hulle pannekoek. Diego en sy gesin gan na Quito vir sy suster (Maritza) se graduation so ons sien hulle nie more oggend om te groet nie. Ons stap heel dag rond en groet almal wat ons die week daar ontmoet het, by sommige vd mense het ons meer as een keer gan kuier.. Ek en die vrou het weer 'n game of 2 skaak gespeel en ekt gospel musiek op haar laptop gelaai- su is mal oor Misty Edward!! So uur later, seker so 5uur die middag is ek trug by die kerk in die kamer en daar klop iemand aan die buite hek, ek neem aan dis die girls wat trug kom, toe is dit die vrou en haar boyfriend. Hulle bring vir ons 'n pakkie met chocolates om te se dankie. Dit was amazing, die hele storie, aloewel ek nie veel met hulle kon gesels nie het sy vertel dat sy ongelukkig is, die mense praat sleg van hulle ens. Hulle lewe goeie lewens, drink nie, mar glo net nie in geloof nie. Die feit dat ek daar by hulle/haar tyd spandeer het in die winkeltjie het baie beteken, 'n bewys van liefde sonder perke. God came for the lost, dankie Here dat U die saadjie sal lat groei. Die aand het ons by Carlos, sy vrou en dogtertjie gan eet, dankie gese vir die tyd wat ons saam met hulle kon spandeer en vir die eerste 4 aande se verblyf.
Dag 9 : Ons is die oggend 8 uur gepak en so stap ons sak en pak op in die bus stop se rigting. Die vorige dag het 'n man wat in die kerk is vir ons $20 (Ecaudor werk in US$) gegee. Okay daar was so baie dinge en verskillende lifts tussen in ek onthou nie als nie en het dit nie gejournal nie. Moet dit by Jana kry, kom ek kry dit nou...
1, trok van Mira 09:30 - 10:10
2, lift in a Jetta with a dude that smokes weed, hy mag mar bestuur en ry daardie berg passe soos 'n profesionele drywer terwyl hy gerook is... 10:30 - 14:00 hy laai ons in Quito af. Het vrede gehad om saam met hom te ry, ons was U lig in die donker plek/ in die geval, vinnige kar.
3, In 'n trok, in gesquash tot buite die stad 14:30 - 15:40.
4, 16:00 - 19:00 saam met 'n jang man, wel van 32 in sy ou mazda wat probleme gee, oor verhit.
5, 19:30- 20:00 agter op 'n klein bakkie, dis koud tot in 'n groter dorp waar die pad split.
Teen daai tyd wonder ons hoe om te maak en waar ons gan slaap en gebruik die geld wat ons het sover net vir kos.
6, 'n Bus met die dorp se naam- Machala kom verby, ek negotiate met hom en ons betaal elkeen $2.50 tot in daardie dorp, wat perfek is!! Dis20:40 tot 02:00 op die bus en ons kry slaap. What's the odd's, ons het al slaap plek begin soek en die polisie gevra waar ons veilig kan slaap net voor die bus gekom het.
Dag 10 : Ons slaap in die bus stasie- op die bankies, van na 2 die oggend tot 6uur- toe ons moet uit. Stap met alles in die dorp en dink aan hoe ons daar gan uit kom en tot by die grenspos wat so plus minus 100km ver is. Koop kos, kry raad- daar gee 'n man ons $5. 'n Bus gee ons verniet 'n lift na 'n beter plek waar ons kan hitch hike, 07:00 - 07:10. Daar staan ons, het teen daai tyd $7.40 oor, nie genoeg vir 'n bus nie, wat $2 per persoon kos en ons is onsek oor kostes by die grens pos. Ons staan toe en bid, daar is 3 paaie uit die dorp en dis Sondag so nie veel mense ry rond nie. Terwyl ons bid kom 'n man wat ons nie ken nie en gee vir ons $15! Wat op aarde, ek kon dit nie glo nie! Hy voel hy wil geld gee. Hy se ons moet op die bus klim en that's it. Neem 'n foto saam met hom en bid vir hom voor hy ons op die bus sit, 07:30 - 09:30 tot by die grens. Daar het ons lank gevat en gesukkel. Die grenspos is nie in die dorp op die grens nie, dis 'n paar km trug en daar is 'n parade in die strate waar ons afgelaai is. 'n Taxi drywer wat dit vir 'n lewe doen kom toe na ons en se hy sal ons vat, ons betaal toe $4 vir almal, hy vat ons toe om na die grenspos, net so deur Peru sonder dat enige iemand kyk is ons deur 'n Peru dorpie na die grenspos. Ons is vinnig daar deur mar maak toe die fout om die taxi te lat gan. Van die grenspos af mag jy nie hitch hike nie en taxi's is belaglik duur! Ons was daar tot seker na 1die middag toe ons uiteindelik 'n bakkie kry en die famielie se dis fine ons kan agter op spring. Hulle was gaaf en het ons gevat tot in die volgende dorpie, so 45 minute. In daardie dorpie het ons seker vir 2 ure sonder lift gesit, darem kos en roomys gekoop. Toe stop 'n ryk 'stuckup' famielie- met hul 5.7liter F250, daar om te eet en hulle is oppad na Mancore- die dorp waar ons wil gan. Na hulle geeet het- ons het heeltyd agter op die bakkie gewag, dit was skreeu snaaks en embarrassing in een... teen 4uur se kant daar weg, koud agter op vir so uur en 'n half tot in Mancora. Daar afgelaai vra ons 'n tjoek tjoek tipe taxi- waarvan daar orals honderde is, waar die backpackers is. Peru werk in Soles, 2.5 Soles = R10 of $1. In 2 x tjoek tjoeks is ons na die backpackers.
Net na 6 die middag daar aangekom toe kry ons Maxine- wat die vorige aand daar aangekom het, buite. Syt sopas trug gekom van 'n draffie af. Syt ons ingebook en daar is ons uiteindelik, moeg en gelukkig!! Ons Hemelse Vader het ons opgepas en voorsien bo verwagtinge. Hy het ons gebruik om te encourage en om Sy Koninkryk uit te brei. Wat 'n span was en is ons nie, blou-blou, lief vir julle 3 girls! Die aand het ons die geld wat oor was en $1 extra gebruik om burgers en milkshakes te koop.. Blou span en Maxine re-united!!
Soos jy reeds besef het, dit was nie in 'n nutshell nie, baie is uitgelos- lees Jansie se blog vir meer detail, ek sukkel om die ondervinding van 'n leeftyd in woorde te sit..