By Kim Ludick on Friday, 20 March 2009
Category: Kim Ludick

alles in een...

kom ek begin by die begin...

Na Dahab is ons Mount Sanai toe waar ons vrek baie trappies geklim het om bo uit tekom, maar alles was die moeite werd.

ons het daar bo omtrent die hele Exodus gelees om die stories van die wet mooi te verstaan - so half ses het ons nog boontoe begin klim om die sonsondergang heelbo te beleef.

Dit was pragtig daarbo en vrek koud. Ons het die aand op die berg geslaap en dit baie geniet.

Na die is ons Israel toe op die Border toe dink die mense verf is plofstof toe is ons ontruim maar gelukkig na n goeie verduidelik is ons weer op die pad en in die rigting van Jerusalem - ek het dit baie emosioneel ervaar in Jerusalem veral by die graf.

Na ek daar was het ek besef dat Jesus se storie is nie n grappie nie HY is regtig gekruisig en die alles net vir ons... Ai ek kan nie glo ons hou ons so blind nie - die liefde wat Hy vir ons het is net amazing.

My tyd daar was regtig geseend sekker maar omdat dit die beloofte land is.

Na Jerusalem is ons terug Cairo toe - ek is nie regtig n fan van die plek nie maar ons het baie uitgesien vir die pannekoeke en die roomys.

Ons is half 10 lughawe toe vir ons groot tog Malaysia toe dit was regtig ongelooflik LANK 12ure vlug toe so 2km stap 5ure slaap en toe....

DIE CHALLENGE

dit was n ongelooflike Challenge die dinge wat ons moes doen was so lekker.

die Challenge se hoof mikpunt was om in Thailand te kom.

ek kan lank gesels oor die challenge maar in my hart wil ek net een ding deel.

My tas was onder in die bus wat ons geneem het na die border van Thailand en toe ons uitklim toe sien ek daar is n groot gat in my tas...

die liggie onder in die bus het vlam gevat en toevallig was my tas teen die lig geplaas.

My tas het nie te groot skade nie, maar die rede hoekom ek die storie vertel id omdat die liggie my plastiek sakkie vasgebrand het en toe net gesmelt het en nie aan die brand geslaan het nie.

Dis nie al wat ek wil se nie maar ek het so Evangicube (blokkie wat die storie van Jesus vertel) die blokkie het ook gebrand in die middel van die kruis - ek glo regtig die blokkie het als gestop en ons gered van verder skade...

Dankie liewe Jesus vir die voorreg om net een getuienis te deel die res van die dag was ek maar baie sensitief in my Gees die Here het my geestelik geshape - ek het begin bid en in Faith intree soos nog nooit tevore nie.

Daar is soveel meer wat ek vir julle kan se maar die is al wat die Here regtig op my hartjie geplaas het.

 God bless you all

Leave Comments