'All my bags are packed, I, ready to go!!!!!.......'Okay 'Bag'. Moes sekerlik weet dat alles nie sou inpas en moes toe maar weggee, uitgooi en ligter maak.
Die tyd het aangebreek om al die koebaais te se. Ek is seker die Isrealiete het so gevoel (my maag draai al heeltemal in die rondte)toe hulle uit Egipte getrek het, maar soos hulle trek die Here ook vooruit om ons te ly en te stuur.
God het my tot nou toe meer geseen as wat ek ooit kon droom. Dankie vir julle ondersteuning en liefde, hetsy deur gebedsondersteuning, emosioneel of finansieel. Dit is 'n voorreg om die vrede van God te ervaar waar jy ookal gaan en sy hand elke dag te sien.
Ek het die voorreg gehad om 'n week by die see te wees en het net weereens besef hoe wonderbaar, groot en magtig die Here is en hoe lief hy ons het om vir ons hierdie pragtige natuurskoon te gee om te geniet.
Laastens wil ek vra dat julle ons in gebed sal dra. Ons kan niks op ons eie doen nie en het julle gebedsondersteuning nodig. Ons is swak, maak in Jesus kan niks ons keer nie.
Mag 2009 vir jou 'n jaar van hoop en vrede wees en mag jy die God ervaar wat jou beter ken as wat jy jouself ken, jou liewer het as wat jy ooit kan he en jou vashou en nooit sal laat gaan.
Tot volgende keer