By Wynand Schoeman on Wednesday, 03 March 2010
Category: Wynand Schoeman

Ongelooflike belewenis in Indië



03 Maart 2010

Dit is ʼn ongelooflike belewenis sover in Indië

Ons het 2uur JHB verlaat waar ons mense moes tata se wat ongelooflik moeilik was. Op die vliegtuig het almal maar geslaap en fliek op 2 gekyk het. Ons het ook asemrowende mooi dinge gesien uit die lug ons het oor Zanzibar gevleg en het oor klomp riviere en mere gevlieg het en dit was nog vol maan ook wat alles net nog mooier en mooier gemaak het. Net voor ons geland het in Dubai was dit net liggies waar  jy kyk uit die vliegtuig uit wat ʼn baie mooi foto sou wees.

Ons het vroeg vroeg veiling in Dubai met Emirates airlines daar aan gekom op die besigeste lughawe ter wêreld wat ek meer sal saam stem en die argitektuur wat daardie plek ontwerp het was baie kreatief.

Het 5:40 uit Dubai vertrek na Delhi toe waar ons so net voor middag ete daar aan gekom het en ons het as elke Klein groepie kan mens se ’n pre-paid taxi gehuur om ons tot Smiley’s Hotel te vat waar ons oornag het maar moet ek nou vir julle se dit maak nie saam as daar lyne en robotte in Indië is nie want hulle gebruik dit nie. Dit was net so amazing dat daar geen ongelukke op die pad was nie want elke liewe kar het ’n hele paar stampe weg en hulle toet net vir mekaar as hulle verby wil kom.

Ons het die middag deur die mark gestap en verskillende goedjies daar en ge& euml;et wat vreeslik lekker was. Sondag oggend het ons voor 5uur  al trein stasie toe gestap en op die stasie het ek en Isa op gemerk hoe een persoon uit ʼn ander ou se broeksak steel terwyl hy slaap en hoe almal by mekaar sit.

Ons het al ons groot rugsakke op mekaar gesit en 3 mense op ʼn bank gesit en ek moet vir jou se wat mens by die vensters uit sien is nie van die beste en aangenaamste venter uitkyk punte nie. (die mans meestal het langs die trein spoor sy nommer 2 gedoen en jou veil goed gooi jy by venster uit want blykbaar is daar werkers wat dit optel.

Ons moes op ʼn 2de trein klim wat kleiner was so almal het baie styf teen mekaar gesit en 3 mense het op grond gesit, want tasse was op ʼn hoop gepak op stoele. Die berge is ongelooflik mooi maar ek dink SA berge bly die mooiste teen Indië se berge. Ek wil net se Indië se berge is nog steeds ongelooflik mooi en is seker van die mooiste berge in die wêreld.

Toe ons in Simla aan gekom het, het ons as travel mense ek kan nie se ouens want daar is een girl ! Ons moes slaapplek gekry het vir die volgende 8 dae. Ons het by woodlands Hotel slaapplek gekry waar ons amper 40 min met rugsakke moes stap en glo my dit is nie ʼn grap nie want dit is bulte !!!

Maandag het ons of Ek(Wynand), Riaan, Danie, Daniel, Sam, Tarina die HAPPY HOLLY FESTIVAL by gewoon en deel geneem waar almal mekaar met verf poeier en water gooi wat ʼn lekker belewenis was. - Die fees is om te se hulle gaan nou in hulle sommer in.

Moes ek nou vir julle se ons was in gekleur van voor tot agter en van kop tot toon. Ek het ongelooflik lank gevat om myself onder ʼn Indiese stort te was want daardie verf sit aan mens vas.

Ons het Dinsdag uit gegaan die oggend in Klein groepies van 3 waar Ek, Tarina en Suiyen in groepie was waar ons met van ʼn man wat koerante verkoop in die strate tot ʼn oom in sy apteek gepraat en hulle vrae gevra en meer van hulle geloof , ens probeer uitvind.
Laat die aand het ons weer uit gegaan in groepies waar ek en Sam alleen uit gegaan het en  ongelooflike gesprekke en interessante goed gehoor en geleer, daar het ons ook met 7 Christene gepraat wat van Suid Indië af kom en ek en Sam het ook verniet peanuts gekry by die ou met wie ons gesels het. Het ook oppad terug ʼn baie, baie snaakse eet dingetjie geëet ʼn blaar met wie weet daarop wat ongelooflik anders en ja warm was, maar tog lekker in ʼn mate. Het ook ʼn boer kan ek se geklets en hy het ons uit genooi om saam hom Woensdag of deur die week iets te gaan drink en te eet by ʼn plek.


Liefde Wynand

Related Posts

Leave Comments