By Francois Robbertse on Wednesday, 16 December 2009
Category: YELLOW TEAM BLOG

Portugal, checked.

Hallo al die mooi mense.
 
Ek wil sommer net eerstens baie dankie se vir almal se gebede en omgee,  julle kan weet dat dit ´n huge verskil maak!
 
Portugal was ´n amazing experience gewees!
Ons het by mense gebly van die local gemeente in Massana.  Dit is so paar kilometer buite Lisbon.  Die mense was so goed vir ons en het ons op hulle hande gedra.
 
  Ons het Fatima gaan besoek, dit is ´n baie baie groot Rooms Katolieke Kerk.  Daar was & acute;n diens gewees toe ons daar was.  Die kerk glo dat Maria daar aan 3 kinders verskyn het en vir hulle gese het hulle moet op hulle knee kruip om enige vorm van geneesing of wonderwerk te ontvang.  Die oggend toe ons daar was het honderde mense op hulle knee op so paadjie rondom die standbeeld van Maria gekruip.  Hulle koop ook klop tipes kerse by die kerk en gee dan die kerse terug vir dir kerk of gooi die kerse in ´n groot vuur wat daar brand.  Hulle doen dit ook om ´n wonderwerk of iets te ontvang.  Dit was ´n baie sad oggend en die lug is baie swaar daar.  Die mense loop daar rond en is so so sad en onder soveel bondage!  As mens by die kerk was en jy stap nie daar uit met ´n hart vol van liefde en ´n smile op jou gesig nie, dan het jy mos nie die Goeie Nuus gehoor nie.  Oral is daar ook die lelikste standbeelde van Jesus wat nogsteeds aan die kruis hang en in een kerk le hy in ´n kus.  Dis belaglik maar dis vir 98% van Portugal ´n realiteit, want net 2% glo in Jesus, wat die dood oorwin het!
 
Ons het ´n paar kere in die skole ook gaan pamflete uitdeel en tydskrifte, dit het gegaan oor Jesus en sy liefde vir die mens, unconditional.  Die local pastoor se ons het meer boeke versprei as wat hulle in ´n jaar doen.
 
Generation 21 is ook ´n projek wat ons help launch het.  Dit is meer vir tieners en jongmense, hulle kom so eenkeer ´n maand bymekaar en speel saam en geniet net mekaar en word bedien met die Woord en daar word gesels oor tipiese onderwerpe waarmeer hulle mag sukkel en so.  Ons het na die gemeenskaplike park toe gegaan waar al die kinders speel en mense is op ´n Saterdagmiddag.  Daar het ons net tussen hulle inbeweeg en saam met almal begin speel, basketball, sokker, face-painting, games en hacky-sack :).  Na dit het ons hulle almal bymekaar gemaak en vir hulle ´ n kort drama opgevoer en vertel van Generation 21.  Ons glo dat dit vrugbare grond was en dat die oes groot gaan wees.  Die gemeente daar is ook baie opgewonde oor dit!
 
Dit was ook ´n groot voorreg om die gemeente se kersete en konsert by te woon.  Die kos was amazing en ek het soveel vleis as moontlik try eet, hehe.  Daar was tafels vol poedings en dit was regtig net ´n aand van groot bederf gewees.
 
Die Sondag oggend is ons na ´n ander gemeente genooi.  Daar het ek my getuienis met die gemeente kortliks gedeel en ons het hulle meer vertel oor Global Challange.  Die meisies het ook ´n asemrowende dans vir hulle opgevoer!  Na daai diens is ons terug na ons gemeente toe om daar die diens te gaan lei.  Dis was ´n groot voorreg en ek kon sien hoe baie van die mense aangeraak was deur al die gebeurtenisse!  Jesus is regtig amazing en is besig om jongmense daar in Massana op te rig vir groot herlewing.
 
Die Portgese gelowiges is vol van vreugde en warmte en straal Jesus se liefde uit, dit was ´n groot voorreg om daar te kon bly.  Ek glo dat herlewing besig is om daar te gebeur en dit is so nodig!  Nogmals dankie vir almal se omgee en liefde en gebede.
 
Ons het so 15ure in totaal gevlieg en is nou in Guatemala City.  Ons gaan met ´n bus vandag ry na die village waar ons gaan werk en bedien.  Bid asseblief vir 3 van die meisies wat se sakke nog erns op een of ander lughawe is. 
 
Ek is baie lief vir julle almal en Jesus is ook besig om in ons as ´n groep se harte te werk.
 
Baie seen in Sy naam.
 
Franna
Leave Comments