By Guest on Tuesday, 09 September 2008
Category: YELLOW TEAM BLOG

The Battle Within...

 

Daar is die heeltyd ‘n stryd in elkeen van ons. Soos  twee honde wat baklei,‘n wit hond en ‘n swart hond. En die een wat wen is die een wat jy voer! Watter een voer jy?

Hoe voer jy hom? Deur wat jy lees (of as dit ‘n FHM is dan is dit net prentjies kyk vir die manne ne?), deur wat jy luister (musiek ens) of hoor (in gesprekke) of praat en wat jy doen...As jy nie ‘n keuse maak nie sal die swart hond altyd wen. Begin opstaan vir dit wat reg is en lewe voluit daarvoor.

Rom7:24 So you see how it is; my new life tells me to do right, but my old nature inside me loves to sin!  Who will free me from this deadly lower nature?

Thank God! It has been done by Jesus Christ our Lord, HE HAS SET ME FREE

Verstaan dat jou grootste virtue die area is waarin die vyand jou die meeste gaan aanval in!

As dit passie is dan bring hy pressure. As dit blydskap is, dan bring hy bekommernis, ens.

Die enigste manier om weerstand te bied hierteen is om in die teenwoordigheid te kom van God. Let Him be your anchor & start  growing in His image!

Maar ek het besef dat ons onsself baie keer toelaat om bedien (geteach, gementor, beraad) te word  deur mense, maar ons kom baie min in die binnekamer  saam met Jesus sodat Hy ons kan bedien. En hy wil... ons voete en hart was met Sy lewende water.

"...Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,

van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.

Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.

Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?

Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.

Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.

Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof. Joh 13:3-9 

Kom in die binnekamer! Gee Hom die geleentheid. Daar is verborgenheid in die Woord wat Hy vir jou wil oop breuk wat van toepassing is in jou lewe, in jou persoonlike omstandighede. Hy wil vir jou antwoorde gee op jou vrae en oplossings vir jou probleme, maar jy moet self by Hom hoor.

Ons kan nie net die golf ry van ander mense se openbarings nie.

Leave Comments