Global Challenge Logo

GC Missions Blog Archive text

High up in mountains, way down in streams.

Global Challenge Missions Blog Archive: These are real blogs, from real people, bringing real change...

Kenya, Uganda, Rwanda

Vyf hemde, ‘n bybel, toiletpapier

Wat maak jy hier?

 

Lê jou kop neer waar die vliegtuig opstyg

Probeer drie bakke pap en rys in ryg

 

In Narok moet jy ry soos jy lus kry

Maak vas jou tas op die dak 

Maar later sal dit af sak

 

Middernag hardloop deur die modder oor die veld

Agterna die bus wat die dood net-net mis

Geen tyd vir wonder, net herhalende bid

Here help ons uit die pit

 

Reën elke uur van elke dag

Sopnat slaapsak na die kampvuur lag

 

Mense in komberse met tyres vir skoene

Hap aan boontjies, niks lemoene

 

John roep jou vir die buffalo

Saggies trap, gaan op jou hurke

Eet sommer met ander mense se vurke

 

Kinders wat speel, die vreugde maak heel

Drome, oor verlowings in bome

Raadpleeg en ontdekkings weeg

 

Eland piepie langs jou tent

Kenya in jou hart geplant soos sement

 

Kaalvoet draf deur die woud van drome

Hemde ruil om te duik deur strome

 

Hoog gespring by n Maasai braai

Die bok se vleis is bietjie taai

 

Gedoop as Impala

 

Easycoach op lae spoed

Uganda in die donker by die grens ontmoet

Dollars is ‘n issue, het iemand vir my ‘n tissue?

 

20 shillings vir n toilet in die vorm van ‘n gat

Trap in als wat mense mis spat

 

Son kom op in Kampala

Ek slaap vas op my eie arm

Alles is taai, die lug is warm

 

Welkom in ‘n huis, eet nog meer rys

Mis my ma-hulle al voel ek tuis

 

Haal asem, moeg vir n bril wat heeltyd wasem.

Ek wil sien sonder lense, liefhê en leef sonder wense

 

Bang om te praat en uit te reik, maar moeg vir pretensie, die hele wêreld is fake

 

Eerlike gesprekke oor die Vader die Seun en die Gees.

Dis makliker om in drie in een te wees.

 

Verloor dalk jou voet deur n motorfiets

Verstaan nie die taal nie maar sê net iets

 

Oë sê meer as die mond

Almal loop rond met n hengse groot wond

En soek n genesing in dagga en kerkfigure

Jesus se naam is groot teen die mure.

Teen die mure van die teksies maar nie die kamers van die hart nie.

Moenie verdrink in die smart nie.

 

Wie is jy om eerste te skep?

Of probeer jy jouself vir die dag te prep?

 

En steeds volg groen my tot hier in die strate.

Ek weet die nasie is nie verlate.

 

Ek vir jou Suid-Afrika, maar die roeping is groter

Ek vir jou familie, maar ek sien meer in een jaar as julle leeftyd

Gee op gee oor

Laat Afrika vir olie in jou hart boor

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rate this blog entry:
Happy hearted.
Barefoot in Kenya
 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment

GC Logo White Jumper Man Transparent medium

Thanks to QuestionPro for providing us over 35 question types to choose from. The advanced question types help up collect deep insights.

© Global Challenge. All rights reserved.