Die Geel Span het gister ʼn ongelooflike dag gehad ons het in die berge gaan stap in die koue en dit was toe gemis en as jy trap trap jy soms tot by jou heupe so diep is die sneeu. Terwyl ons op gestap het, het dit gesneeu reën wat ʼn lekker gevoel en belewenis was. Natuurlik het ek oral op geklim en ek het tot gehol in sneeu !!! Ek het partykeer gedink ek trap nog op sneeu dan sit ek heup diepte in die sneeu en dan vries jy jou boudjies af in daardie sneeu.
PJ het op ʼn tyd gesê dit is -5 grade toe ons 3’400 meter bo seespieël was. Glo vir my dit was koud !!! Ons het ʼn energy bar tussen ons gedeel.
Ek geniet dit baie maar mis almal by die huis en om in Afrikaans te praat
Ons mis die Suid Afrikaanse weer want dit is hier baie koud wanneer ons uit ons slaapsakke klim. Ons eet al die hele week amper provitas, kaas, jou eie pap en mash. Al die ou “peusel happies” wat ons so saam dra moet op want met Air Asia mag elkeen net 15kg op die vliegtuig vat.
Gebedsversoeke:
Bid asseblief vir almal – ons gaan Sondag na die Kinderhuis waar ons vir 3weke gaan wees . Ons weet nie wanneer ons weer internet fasiliteite gaan kry nie. Bid ook vir die mense in Indië want ons was al ʼn paar keer uit gestuur om met mense te gaan praat en te gesels. Ons het met baie verskillende mense gepraat van ʼn boer tot ʼn man lang die pad wat koerante verkoop. Hulle albei weet of het al gehoor van Jesus en die Hemel, maar hulle sê dat niemand van ons al die hemel gesien het nie - so hoekom en hoe moet hulle dan daaraan glo.