Global Challenge Logo

GC Missions Blog Archive text

Participant Blogs

Global Challenge Missions Blog Archive: These are real blogs, from real people, bringing real change...

Geel Span in die Sneeu



Die Geel Span het gister ʼn ongelooflike dag gehad ons het in die berge gaan stap in die koue en dit was toe gemis en as jy trap trap jy soms tot by jou heupe so diep is die sneeu. Terwyl ons op gestap het, het dit gesneeu reën wat ʼn lekker gevoel en belewenis was. Natuurlik het ek oral op geklim en ek het tot gehol in sneeu !!! Ek het partykeer gedink ek trap nog op sneeu dan sit ek heup diepte in die sneeu en dan vries jy jou boudjies af in daardie sneeu.

PJ het op ʼn tyd gesê dit is -5 grade toe ons 3’400 meter bo seespieël was. Glo vir my dit was koud !!!  Ons het ʼn energy bar tussen ons gedeel. Ek geniet dit baie maar mis almal by die huis en om in Afrikaans te praat Ons mis die Suid Afrikaanse weer want dit is hier baie koud wanneer ons uit ons slaapsakke klim.  Ons eet al die hele week amper provitas, kaas, jou eie pap en mash. Al die ou “peusel happies” wat ons so saam dra moet op want met Air Asia mag elkeen net 15kg op die vliegtuig vat.

 

Gebedsversoeke:

 

Bid asseblief vir almal – ons gaan Sondag na die Kinderhuis waar ons vir 3weke gaan wees . Ons weet nie wanneer ons weer internet fasiliteite gaan kry nie. Bid ook vir die mense in Indië want ons was al ʼn paar keer uit gestuur om met mense te gaan praat en te gesels. Ons het met baie verskillende mense gepraat van ʼn boer tot ʼn man lang die pad wat koerante verkoop. Hulle albei weet of het al gehoor van Jesus en die Hemel, maar hulle sê dat niemand van ons al die hemel gesien het nie - so hoekom en hoe moet hulle dan daaraan glo.

Rate this blog entry:
NORTHBOUND TEAM ARRIVES SAFETLY IN ATHENS!!!
In die sneeu

Related Posts

 

Comments

Guest - Adel en Kie on Saturday, 06 March 2010 03:18

Hello Wynand

Ek moet se dit lyk en klink ongelooflik daar in die himilayas, ek kan maar se ek is jaloers. Ek moet nou eers 'brag' my seuntjie kan surf!!! ons het deesdae die lekkerste dae en die Kaap, baie warm en windloos, so ons piekel af see toe, en Dinsdag is 'n maatjie saam met ons see toe (sy ma ok darm), hulle is groot tjomme, albei met 'n surfboard in die hand en daar gaat hulle, te vrek oulik. Jy het seker al by hierdie tyd gehoor Tannie Joan is toe gister oorlede en ouma het haar darm kon groet en mamma ook. Ek wil net vir jou se jy het 'n amazing ma, sy beteken en doen baie vir mense. Ek dink 'n gebedsversoek van hierdie kant kan maar wees om vir jou ma te bid, veral met oom Don nog in die huis want sy voel sy het geen privaatheid nie en dit raak haar baie meer as wat ons dink. Maar anders gaan alles hunkie dorey hierdie kant. Mooi bly en mag Liewe Jesus vir julle julle span mooi oppas en seen.

Groete
Adel

0
Hello Wynand Ek moet se dit lyk en klink ongelooflik daar in die himilayas, ek kan maar se ek is jaloers. Ek moet nou eers 'brag' my seuntjie kan surf!!! ons het deesdae die lekkerste dae en die Kaap, baie warm en windloos, so ons piekel af see toe, en Dinsdag is 'n maatjie saam met ons see toe (sy ma ok darm), hulle is groot tjomme, albei met 'n surfboard in die hand en daar gaat hulle, te vrek oulik. Jy het seker al by hierdie tyd gehoor Tannie Joan is toe gister oorlede en ouma het haar darm kon groet en mamma ook. Ek wil net vir jou se jy het 'n amazing ma, sy beteken en doen baie vir mense. Ek dink 'n gebedsversoek van hierdie kant kan maar wees om vir jou ma te bid, veral met oom Don nog in die huis want sy voel sy het geen privaatheid nie en dit raak haar baie meer as wat ons dink. Maar anders gaan alles hunkie dorey hierdie kant. Mooi bly en mag Liewe Jesus vir julle julle span mooi oppas en seen. Groete Adel
Guest - Anna-Marie on Saturday, 06 March 2010 05:41

Lekker!!! Speel net so lekker met die kinders ook!

0
Lekker!!! Speel net so lekker met die kinders ook!

GC Logo White Jumper Man Transparent medium

Thanks to QuestionPro for providing us over 35 question types to choose from. The advanced question types help up collect deep insights.

© Global Challenge. All rights reserved.