Hi all, sorry for blogging such a long time ago! Times are crazy! This blog is about part of India and I'm sorry to say that it is in Afrikaans, because it is a mail I sent a while back, so sorry for all the english speaking folks! The next one will be in english!
Hi almal! Ons het uiteindelik 'n kansie om gou te email in Indie. Ek is jammer ek was so skaars maar kon regtig nie vroeer 'n kansie kry nie.
Wow, waar begin ek?? Indie is soos ontgroening, 'n awesome tyd wat ek nooit weer wil oorhe nie!! Ek weet nie wat ek verwag het nie maar hierdie is erg hoor! Vir die van julle wat nie weet nie, my sak het nie saam gearriveer in Indie nie, wat 'n ontnugtering!! Wat "snaaks" is dat ek aan die begin gese het en gebid het,dat my rede om op die challenge te gaan, was om uit my comfort zone uit te kom - en wel, dit is presies wat gebeur het!! As daar iets is wat ek geleer het is om versigtig te wees wat jy bid! Haha! Alle grappies op 'n stokkie, dit was regtig nie lekker nie hoor! Indie is NIE die plek wat jy dit wil handle nie! "Indie tyd" is BAIE erger as Afrika tyd!! Shame, almal het hulle baie ontferm oor my!! Ek het maar klere en slaapsak
en onderklere en ALS maar geleen by die ander en saam met Marna in 'n tent geslaap. Na 7 dae se op-en-af emosies het ek uiteindelik my sak gekry!! Die wonderwerk daarvan is dat al die kindertjies die Sondagoggend daarvoor gebid het en die Sondagmiddag het hulle gebel en gese hulle het dit gekry!! Ek was sssooo bly! Het sommer gehuil! Dit was 'n stretch hoor!! Genoeg daarvan...
Die kindertjies by die kinderhuis is so oulik! Hulle daaglikse skedule is as volg... 6uur die oggend het hulle morning prayer, maak klaar, ontbyt (rys!) dan skool (by die orphanage), middagete, middag prayer en dan speel ons met hulle en oefen vir die Christmas play. Hulle doen elke jaar 'n groot Christmas play, vrek cute! In die aand het hulle weer 'n prayer meeting. Hulle is baie gedissiplineerd en ken omtrent die hele Bybel uit hule koppe uit! Dis rerig amazing!
Ons slaap in ons tente in die saal (om die HUGE, MILJOENE muskiete uit te hou!). En ons maak beurte in ons groepe om
die prayer meetings ens by te woon. Ons maak ook beurte om skoon te maak ens! Met skoon maak bedoel ek skrop die badkamers! En met badkamers bedoel ek 'n vertrek met gate!! Die hiegiene hier is verskriklik erg! Enige plek in Indie piepie die mense net enige plek en daar is net orals mense! So die reuk is net aaklig!!
Maar ten spyte daarvan maak die kindertjies se glimlaggies dit die moeite werd hoor!
Ons vat hulle almal vanaand in sessies Pizza Hut toe,hulle het spesiaal gebad en mooi aangetrek en als!
More gaan ons "Tash Mahal" (weet nie hoe spel mens dit nie!) toe oppad na die Himalayas toe! Sien baie uit daarna! Dan kom ons terug vir 2 dae vir die Christmas play en gaan dan via Japan, Hawaii toe. Sien BAIE uit daarna!
Bid asb vir die orphanage en die kindertjies! Ek besef nou wat Jesus gese het toe Hy gese het ons moet geloof soos kindertjies he, want hulle bid en glo net! En hulle het NIKS!!
Comments