Global Challenge Logo

GC Missions Blog Archive text

Participant Blogs

Global Challenge Missions Blog Archive: These are real blogs, from real people, bringing real change...

In die sneeu



05 Maart 2010: Ons het gister ʼn ongelooflike dag gehad ons het in die berge gaan stap in die koue en dit was toe gemis en as jy trap trap jy soms tot by jou heupe so diep is die sneeu. Terwyl ons op gestap het, het dit gesneeu reën wat ʼn lekker gevoel en belewenis was. Natuurlik het ek oral op geklim en ek het tot gehol in sneeu !!! Ek het partykeer gedink ek trap nog op sneeu dan sit ek heup diepte in die sneeu en dan vries jy jou boudjies af in daardie sneeu.

PJ het op ʼn tyd gesê dit is -5 grade toe ons 3’400 meter bo seespieël was. Glo vir my dit was koud !!!  Ek moet die energy bar wat ek op gevat het was heerlik om met my span (geel span) te deel en ek en Daniel het ʼn Mountain Dew in die ys koue weer daar bo op die berg gedrink en getjorts. He-He ek moet sê ek geniet dit met my hele hart maar mis almal veral om in Afrikaans te praat met almal en op die oomblik mis ek SA se weer want dit is net te koud om uit mens se slaapsak te klim alhoewel mens maar seker maar moet.  Ons eet al die hele week amper provitas, kaas, jou eie pap en mash en dan het ek maar so paar peusel happies in my tas wat ek saam dra en moet alles klaar eet voordat ons met Air Asia vlieg want mag net 15kg op vliegtuig vat, maar glo my ek kan dit vandag klaar maak as ek moet!

Ek vra net assseblief dat almal vir ons sal bid waar ons Sondag na die Kinderhuis toe gaan en het dan eers dalk as lughawe internet het dan het ek daar internet want ons gaan net by die Kinderhuis vir 3weke lank wees en daar help waar ons kan!!!

Bid ook vir die mense in Indië want ons was al ʼn paar keer uit gestuur om met mense te gaan praat en te gesels. Het met baie verskillende mense gepraat van ʼn boer tot ʼn man lang die pad wat koerante verkoop en elkeen van hulle weet of het al gehoor van Jesus en die Hemel , maar hulle sê dat niemand van ons al die hemel gesien het nie so hoekom en hoe moet hulle daar in glo en ek moet sê ons het ook Christene van Indië gekry wat nice was om met hulle te gesels.

Liefde groete Wynand

Rate this blog entry:
Geel Span in die Sneeu
God's plans for the nations!*
 

Comments

Guest - Emil on Monday, 08 March 2010 01:15

Hi daar Wynand
Mannetjie dit lyk my julle gaan werklik 'n waardevolle lewensles uit die avontuur leer. Dit klink als vreeslik lekker om die avontuur en geloof so te meng in die vreemde. Jou blog is baie interessant so hou so aan. Sterkte en bly maar wakker daar in die ander lande. Baie groete Die Krugertjies van Alberton

0
Hi daar Wynand Mannetjie dit lyk my julle gaan werklik 'n waardevolle lewensles uit die avontuur leer. Dit klink als vreeslik lekker om die avontuur en geloof so te meng in die vreemde. Jou blog is baie interessant so hou so aan. Sterkte en bly maar wakker daar in die ander lande. Baie groete Die Krugertjies van Alberton
Guest - nellie on Thursday, 11 March 2010 03:37

Hi my lief Bok!
Ek en oupa dink soooooo aan jou en jou span!
Ek weet omdat ek weet omdat ek weet dat HaShem Sy bewarende hand oor julle hou.
Vanoggend na 'n bandjie geluister wat gaan oor die boek van Daniël - weereens die sekerheid besef dat God in beheer is van alles. Niks is vir Hom 'n verrassing nie - niks laat Hom naels kou nie - en Hy, die wonderlike Skeppergod ken jou by jou naam!

Dit gaan goed met ons 2tjies. Oupa se verjaardag uitnodigings is reeds uit en 'n hele klompie mense het klaar geantwoord. Ons is heel opgewonde.

Lief jou soos die wind!
Ouma N

0
Hi my lief Bok! Ek en oupa dink soooooo aan jou en jou span! Ek weet omdat ek weet omdat ek weet dat HaShem Sy bewarende hand oor julle hou. Vanoggend na 'n bandjie geluister wat gaan oor die boek van Daniël - weereens die sekerheid besef dat God in beheer is van alles. Niks is vir Hom 'n verrassing nie - niks laat Hom naels kou nie - en Hy, die wonderlike Skeppergod ken jou by jou naam! Dit gaan goed met ons 2tjies. Oupa se verjaardag uitnodigings is reeds uit en 'n hele klompie mense het klaar geantwoord. Ons is heel opgewonde. Lief jou soos die wind! Ouma N
Guest - tersia Schoeman on Tuesday, 16 March 2010 10:40

Boeta, vasstaan in die geloof in alle omstandighede. Mag God jou met wysheid lei elke dag. Mag al die goggas wegbly van julle in die Naam van Jesus. Mag jul die regte treine en busse betree. Daai stemmetjie is die H Gees wat jou waarsku as jul op verkeerde roete wil klim of bus. Luister soos Samuel. Drink alles in met al jou sintuie. Lief vir jou. Mamma

0
Boeta, vasstaan in die geloof in alle omstandighede. Mag God jou met wysheid lei elke dag. Mag al die goggas wegbly van julle in die Naam van Jesus. Mag jul die regte treine en busse betree. Daai stemmetjie is die H Gees wat jou waarsku as jul op verkeerde roete wil klim of bus. Luister soos Samuel. Drink alles in met al jou sintuie. Lief vir jou. Mamma

GC Logo White Jumper Man Transparent medium

Thanks to QuestionPro for providing us over 35 question types to choose from. The advanced question types help up collect deep insights.

© Global Challenge. All rights reserved.