Global Challenge Logo

GC Missions Blog Archive text

Participant Blogs

Global Challenge Missions Blog Archive: These are real blogs, from real people, bringing real change...

Die laaste rukkie so geseënd

Groete uit Dahab, Egipte!


Die afgelope tyd was soooo geseënd gewees vir my.
Ons was oor kerstyd by die Himalaya berge in Daramsala, Noord Indië, by die Tibettian grens. Dit was verskriklik mooi gewees. (Want daar was meer van God as van mense – natuur).


Op kersdag self het ons (ek, tannie Tersia, Adette en Petro) uitgespat en 'n nuwe horison gesoek om te ontdek. Alhoewel ek elke dag 'n piek gesummit het wat daar was om my avontuurlistige gier te plesier was hierdie 'n roete van 'n ander opdraend, hehe. Ons doel was om die "Snow-Line" te bereik want daar was berge wat nie so ver gelyk het nie, wat vol sneeu was. Vroeg oggend ontbyt, toe 'n fantastiese diens gehou en 11am is ons daar weg.


Teen 13h00 was ons bo op een van die pieke om die mooiste aansig te aanskou, maar teleurgesteld om te sien dat die Snow Line nog 'n hele ent se stap is, sonder 'n pad…


Nadat ons middag ete geëet het, het ek en Petro besluit om die laaste ent aan te durf. Net om perspektief te gee, ons het al 8km gestap tot op daardie punt… (Darem mooi pad). Toe kom die wille deel, 'n baan weg deur die wildernis.
Wat ek nie gesien het nie is dat die waarskynlike enkele koppie tussen ons en die sneeu berg 'n koepel gevorm het na links en die afstand verdriedubbel het om by die sneeuberg uit te kom!


Geklim en geklouter en kort storie lank het ons toe sneeu gekry, net by ons omdraai punt (finale plek waar ons moes omdraai om voor donker tuis te wees). Dit was wonderlik gewees! Op pad terug het ons hoër teen die berg terug geloop en daar verdwaal ons!! My kompas wys vir my, maar ek kom nie agter nie ek dog ons is net weer in 'n koepel. Mis trek toe oor die hele berg en ek kan glad nie perspektief kry oor waar ons is nie…


Eventually na 'n bekommerde gebed het die mislaag verdamp en daar sien ek ons plek van middag ete, maar vêr terug van waar ons is. DUS: Ons het hoër op verby hom gestap! Toe raak dit 'n benoude spul, want tyd loop uit, die donker kom. Ons het 'n paar noodgedwonge, waaghalsige klimme gehad en 'gegatgly' op 'n paar plekke. Ek kan met opregtheid en getuienis sê dat die Here my God gee vir my krag, Hy maak my voete soos die van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop!!


Ons het 5h die middag by die plek van middag-ete gekom! Uitgeput en sonder water. Daar was wel 'n winkel en toe hulle ons storie hoor en ek hulle wys hoe ons gestap het, het hulle met liefde vir ons 'n bottel wat gratis gegee!
Ons het toe afgehardloop by die bergpaadjie waarmee ons vroeër die dag al laggend en rustig mee opgeloop het en na nog 'n verkeerde afdraai kort voor huis het ons aan die onderkant van die verkeerde berg beland. Die Here stuur toe vir ons 'n knaap wat daai tyd van die aand rondwandel en in die area bly om ons die regte pad te wys. 7pm die aand het ons by die gastehuis gekom by 'n bekommerde klomp spanmaats. Ek skat dit was 'n 16km stap gewees (het my Expedition Watch aangehad).


Ek gee die Here al die eer, ons kon maklik weggeraak het daar of selfs 'n enkel geswik het of by 'n krans afgeval het soos my hoed het, maar Hy het ons beskerm en 'n kosbare les van vertroue en vriendskap geleer.
Van Daramsala af is ons terug Delhi toe vir 'n dag, met 'n pitstop by Armistrat om te leer van die Sikh geloof. Dit is deel van ons kursus wat ons gedoen het: "Religions of the World" – ons het Hinduism, Islam, Buddism en Sikh gedoen. Dit is belaglik wat die mense alles glo!!


3 goed wat wel nie te vinde is in enige ander geloof nie, is:
· ONvoorwaardelike liefde
· Vergifnis en
· Genade


Ek sal dalk op 'n latere stadium meer deel oor wat hulle als glo, al wat ek op die stadium kan sê is dat ek meer oortuig is van die egtheid van ons Drie Enige God as ooit tevore en dat ek Hom van Harte lief het. Hy is soooo 'n werklikheid en 'n ONmisbaar in my lewe en vir elkeen wat Hom opreg soek.


Daar is praktyke wat ek optel wat oorwaai na ons westerse kultuur toe wat hul oorsprong het in van die oosterse gelowe! Ons moet versigtig wees. Sal dalk later meer detail hieraan voeg om te waarsku waarvoor ons op die uitkyk moet wees.


Van Delhi af is ons Mombay toe op 'n trein, 28 URE lank. In Mombay het ons 'n race gedoen in ons twee spanne: Ons moes Masala tee drink, skoene koop vir 'n kind, 5min in die see swem, 'n foto neem by die Indian Gate en 8pm by die Int. Lughawe wees. Dit was prêt en 'n cool manier om 'n plek vinnig te leer ken.
Ons vlieg toe Cairo, Egipte toe 2am die oggend en van daar af (7am) Dahab toe gery vir nog 8ure deur die woestyn waardeur die Israeliete getrek het vir 40jaar lank. Simpatie!


Dahab is 'n netjiese dorpie langs die kus van die Rooi see. Hier het ons scripture reading gedoen soos in die ou dae! Ek is besig om die Tora (eerste 5 boeke van die Bybel) deur te lees en is tans so half pad. Dit is amazing en verrykend!! Ons het stilgestaan by Josef se lewe wat 2de in bevel was van Egipte jare terug en hoe hy daar gekom het! Fantasties om dit hier te beleef en die Here gesels LEKKER met my daaroor, o.a.


Oujaars aand het ons 'n lekker buffet ete geniet langs die strand by 'n restaurant en nuwejaarsdag gesnorkel by die Blue Hole. Net weer die detail van die skepping geniet en bietjie koud gekry met die uitkom.
Gister was nog 'n great ervaring om Mount Sinai te klim waar Moses God ontmoet het en 'n stukkie nostalgie te beleef namens die Israeliete en priesters van daai tyd. Ek het Jes. 53 gekry op die piek. Na sonsonder het ons weer teruggekeer. (Hierdie keer darem met 'n gids en in 'n groep…)


Mag julle 'n verdieping in Christus se karakter beleef en uitleef in 2009 en volle vreugde ervaar!

Liefde


Johannes

Rate this blog entry:
Die vreemde in....
Good Bye Dahab...Here we come Holy City..
 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment

GC Logo White Jumper Man Transparent medium

Thanks to QuestionPro for providing us over 35 question types to choose from. The advanced question types help up collect deep insights.

© Global Challenge. All rights reserved.