Global Challenge Logo

GC Missions Blog Archive text

Participant Blogs

Global Challenge Missions Blog Archive: These are real blogs, from real people, bringing real change...

SHALOM!

Jerusalem se tweede paragraaf.
 
"Ani Le dodi v'dodi Lee" (I am His beloved and He is mine)
 
Woorde kan skaars beskryf wat in my hart aangaan. Daar is soveel emosie dat ek amper nie weet hoe om myself uit te druk nie.
 
Saterdag, 10 Januarie het ek 5am opgestaan die oggend en op die Olyfberg gaan bid en die Evangelie gelees. Dit was wonderlik. Op pad terug het ek die Via Dolorosa vir ºn tweede keer gestap en met my 'ipod' in my ore luister ek na die woorde van hierdie liedjie wat Jeremy Camp sing:
 
``
In only a moment Truth was seen.
Reveal this mystery.
A crown that showed no dignity He wore.
And the King was placed for all the world to show disgrace
But only beauty flowed from this place
 
WOULD YOU TAKE THE PLACE OF THIS MAN?
WOULD YOU TAKE THE NAILS FROM HIS HANDS?
 
The reason will come to show, the DEPHT of His grace
 
IS FOR YOU TO SEE HIS FACE!
  ``
 
Later die oggend was ons na die 'garden tomb' toe, ºn ander plek waar hulle beweer Jesus is begrawe. Dit was verrykend om die skrif daar om te dop en in te spring in die werklikheid van die Evangelie: Dat Hy opgestaan het.
 
Rom. 3:23 se: 'All have sinned and FALL SHORT of the Glory of God' en op ºn ander gedeelte dat: 'the wages of sin, is DEATH'.
 
Dus as ons na ºn kruis kyk moet ons besef, dit is NIE Jesus se kruis nie...
DIT IS ONS S'N, wat Hy opgeneem het om aan te sterf.
 
Later die dag is ons terug na die Koptiese kerk toe om te gaan werk.
Die aand het ons ºn uitstekende inligtingsessie gehad deur Reverent Alex Awad wat ons agtergrond gegee oor die oorlog in Gaza en waar dit vandaan kom (konflik tussen die Jode en Arabiere). Dit was baie insiggewend.
 
Sondag 11 Januarie is ons na East Jerusalem Baptist Church toe en het ºn remarkable diens gehad oor wat intersessie is en hoe meeste van die geloofshelde in die Bybel intersessors was vir die volk of vir ºn spesifieke groep mense. Dit dring my om meer gereeld te le voor die Here vir mense en vir Wereld konflik en situasies. Ons het by die Kerk geeet en die middag spandeer in gebed vir die Israeliese verkiesing wat nou plaasvind, vir die Oorlog in Gaza en vir die wereld leiers (President Barack Obama ens). Dis so lekker om met Vader te gesels oor die dinge en by Hom te pleit vir die ingryp in dinge wat vir ons onmoontlik is om te verander.
 
Maandag, 11 Januarie het ons vroeg oggend bus stasie toe getravel, by die grens tussen Egipte en Israel (Taba) is ons ontruim weens ºn waarskynlike gevaar situasie, maar darem niks erenstig nie, ons het deur gegaan en deur die aand tot in Cairo gery om die volgende aand 03:00 te vlieg Lisbon, Portugal toe (waar ek nou is).
 
In Cairo het ek bietjie gaan draf vir ºn slag die oggend, lekker! Gedurende die dag het ek by ºn boekwinkel gesit en deur Deuternomium gelees, remarkable boek! Die aand lekker geeet, ek was nogal honger, het gevas die dag vir geld wat ek nog vir GCEX skuld. Bid asb vir my daarvoor.
 
In Lisbon het ons sommer vinnig inligting ontvang oor die geestelike situasie in Europa en die Rooms Katolieke sekte. Scary stuff...
 
My afleiding van Jerusalem ten slotte is dat dit amazing is om die geskiedkundige 'sites' te besoek en te loop waar Jesus geloop het, maar dit is nog meer besonders om te loop waar Hy nou loop...
Verdieping in my verhouding met Hom kom nie om by Sy graf te wees nie, maar om by Hom te wees, waar ook al!
 
Ek maak ºn liefdes verklaring aan die Here deur te se:
 
``
Jesus, you made a way for me to be with thee, so I will say
I'll obey You and serve You
I'll obey because I love You
I'll obey my life is in Your hands
 
It's the way to prove my love when feelings fade away
It it cost me everything, I'll obey
 
Because you made a way
                                                ``
 
Mag jy ºn liefde ontdek vir die Woord hierdie jaar en selfs ºn Bybelskool doen as jy geleentheid het, ek besef net die Waarheid ontbreek in alle areas van die samelewing op alle plekke in alle lande. En mag die Gees van Intersessie jou dring om te bid vir dit wat jy op die nuus sien en vir mense wat verlore is. Amen
 
Johannes
Rate this blog entry:
Reflecting on the Reality of Gen. 1:26 & 27
Almost one week of Global Challenge has passed!
 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment

GC Logo White Jumper Man Transparent medium

Thanks to QuestionPro for providing us over 35 question types to choose from. The advanced question types help up collect deep insights.

© Global Challenge. All rights reserved.