Bondea Me Amigo!
Kyk, die beloofde land is nou wel vol melk en heuning, maar dis nou tyd vir my om terug te keer na die land waar die koeie en bye is!
Ek is nou maar een van daai ouens wat sal val vir ºn dame wat lekker kos kan maak. En jong ek geniet darem maar ºn stukkie vleis, mielie pappie en so Saterdag middag Biltongtjie saam die Rugby! Hehe
Portugal was so gebless gewees. Ons het mos geserve by 'Igraje Reformada Evangelica'.
Maandag het ons gaan bedien by die laeskool, wat ºn vreugde was dit vir my om bietjie tussen kinders te kom wat net nie moeg raak om te speel nie, ons het jagertjie gespeel, gestoei, kussing geveg gehou en sokker gespeel. Met die 4 klasse wat ons gehad het vir onderrig het ons Fruit Salad gedoen, Musical Chair, en ek het vir hulle die storie van Max Lucado se Pinkenolsie vertel, terwyl die groep dit opvoer.
Met die laaste groep het omtrent 20 kindertjies gese hulle wil Jesus in hulle hart laat bly!!
Dinsdag was ons Lisbon toe en het bietjie die Europa feel gekry met die treine en busse travel. Dit was lekker. Ons het ook die aand by ons gaste ouers geeet, ºn feesmaal. Dink hulle geniet die inspuiting van energie.
Woensdag het ons bietjie agtergrond kennis gekry oor die Katolieke kerk deur Fatima toe te gaan wat in die Noorde is. Dit is Scary! Daar is ºn nuwe katedraal wat hulle gebou het, vir 80Miljoen Euro (Dis 1 Biljoen Rand) en die plek kan 9000 mense ‘seat'. Daar is ºn plein agter die kerk waar Maria waarskynlik aan 3kindertjies verskyn het en vir hulle sekere goed gese het wat mense moet doen soos kruip voor haar ens. En die mense doen dit! Elke 13de Mei is daar oor die 500 000 mense van reg oor die wereld wat hierdie sekte bywoon. Sy het ook vir hulle gese om die rosekrans te vat en ºn rympie op te se van 10 ‘‘awe maria's'' en een ‘'onse vader''. Ag daar is soveel meer. Hulle bring bv ‘was' (soos kerswas was) liggaamsdele wat seer is of waar hulle siekte het en sit dit in ºn bak en maak dan beloftes aan Maria dat hulle soveel kerse sal brand en soveel keer sal kruip as sy hulle gesond sal maak. Die belaglikste ding wat ek nog gesien het, is ºn masjien wat elektroniese kerse het. So as jy vergeet het om ºn kers te koop kan jy ºn Euro ingooi en dan brand jou kerse vir ºn rukkie.
Daar is ook skilderye waar Vader, Seun en Heilige Gees vir Maria kroon as die koningin van die hemel.
Dit maak my NAAR hierdie DECEPTION!!
Jhn. 14 :6 ‘'I am the WAY the TRUTH and the LIFE. No one comes to the Father, exept THROUGH ME!''
Gisteraand het ek geleentheid gekry om bietjie te share met die gemeente by ºn biduur, na ºn afsluit ete wat ons gehad het. Dit was good gewees.
Vandag het ons weer die Boek Lukas (wat in ºn kinder Magazine formaat gesit is met prentjies en stuff) gaan uit deel by ºn laerskool.
Kan jy nou glo ons ontmoet toe ºn Juffrou daar wat ook ºn Christen is. Sy is die enigste onderwyseres wat Evangelies Christen is en ervaar heelwat verwerping as gevolg daarvan. Maar sy is so vol van die Gees en volwasse in Christus. Haar evangeliese klassie het al gegroei tot 56, en dit is ºn vrywillige klas!
Toe ontmoet ons ºn vrou wat uit Vanderbijl Park uit kom!! Sy bly al 17jaar in Portugal. Sy se sy wil baie graag terug gaan SA toe en sy voel dis so half ºn bevestiging dat sy ons nou gesien het.
Ek dink by myself, WOW wat se great 2 divine appointments is dit nie. En ek bid Vader dat Hy my en julle ook in die toekoms op die regte plekke kan plaas om Sy ligdraers en Ambassadeurs te wees.
WEL, dis nou op pad terug. More oggend 6bells travel ons lughawe toe om bietjie later SA toe te vlieg, met ºn 8ure Transit op Cairo (ons vlieg met Egypt Air).
Die laaste blog sal ivm 80days, sal so oor ºn week wees, na ons Debrief in Jeffreys by GCEX se HQ, dan sal ek my ‘account' (opsomming, samevatting van die afgelope journey) post, dit beloof interresant te wees.
Dankie vir belangstelling en gedurige liefde deur kommunikasie en gebede.
Mag die genade van onse Here Jesus Christus met julle wees.
Met al my liefde in diens van die Een wat ons eerste life gehad het.
Johannes
Comments
Hello Johannes,
Die Here is goed! Jou pa het hierdie vir my geforward. Ek is dankbaar om te sien oor watse spektrum die Here sy kinders gebruik om Jesus te verkondig. Julle wat voor in die pylvak staan wat die diens doen, vrede vir julle en mag Hy elkeen uitermate seën. Wanneer die here jou stuur, sal Hy vir jou voorsien. Wonderlike werk.
Ekself is betrokke by City Mission in Kaapstad - en ek gee graag hierdie site oor aan hulle vir die Praying Warriors wat ons bejaardes is wat die gebedslaer aan die gang hou.
Groot vrede en vreugde en OOrwinning. Hy gaan kom op die wolke en almal sal Hom sien! Mag ons gereed wees. Hoop om van jou te hoor. Mariette
The blog in you wed give me deep impressed. I’d like to recommended to my friends, they much like it. replica audemars piguet watches
rolex classic replica air king watch uk
replika omega de ville uk