Global Challenge Logo

GC Missions Blog Archive text

Participant Blogs

Global Challenge Missions Blog Archive: These are real blogs, from real people, bringing real change...

PORTUGAL...

 

Ola Vriende

 

Wat ‘n voorreg om nog te kan lewe. Ek is in die laaste week van Ekspedisie en my hart kook nog oor van alles wat in my aangaan.

 

Portugal is ‘n besonderse plek met ‘n groep mense wat my net nog meer huis toe laat verlang, want hulle is gasvry, vriendelik, spontaan, lagwekkend en laf - my tipe mense!!

Ons het mos nou die 14de Janeiro (Portugees) geland hier en ons bly by gaste-ouers, hier naby Lisbon die hoofstad, in Masamma. Ek en Martin bly by twee jong Portugese ouens (een kom van Brazil ook af) wat nie regtig Engels kan praat nie, so die kommunikasie tussen ons is pure prêt en plesier, ‘n ou le soos jy lag vir die spul.

Oom Manie Taute het ons ook ontvang, hy is die sendeling van SA af hier, so dierbare oom met ‘n hart van Goud. Dis lekker om weer in ‘n land te wees waar die mense so ry dat jy veilig voel, al is dit min of meer soos Jo'burg traffic, is dit niks in vergelyking met Cairo of Indie se verkeer nie! Dit is ook lekker om bietjie westerse kossies te eet soos ‘n bun en stukkie hoender!

Wat die geestelike betref is Portugal, maar soos die res van Europe maar donker. Hier is ‘n rofwegse statistiek dat slegs 2% mense kerk toe gaan in EU. In Portugal is die Rooms Katolieke kerk prominent en as jy die details hoor van wat aangaan in die kerke sal jy agter kom dit is nie so suiwer Evangelie en Leerstelling nie...Maria is ‘n prominente figuur en mense lees nie hulle bybels nie! Dit is ook een van die minste "ge-evangeliseerde" plekke. Want dit is ‘n weerstandige sending veld.

Mammon is die grootste afgod hier en Spiritisme en Toordery is ook groot, daar is selfs artikels in die koerant daaroor. Portugal is een van die armer EU lande, oor die 90% van die mense het groot skuld en neem lenings uit om ander lenings te betaal...

Hier is baie kerke, maar min lig. Hier is ook ‘n hekse-bazaar eenmaal per jaar wat deur ‘n priester georganiseer word!

Jer. 22:29 se: "O earth earth earth, HEAR the WORD of the LORD!"

Die probleem is dat elke generasie van voor af opgevoed moet word in die Waarheid, anders kan ‘n land net so vinnig draai na goddeloos. Dit is een van ons uitdagings ook tuis. Ons rol is om ons kinders op te voed, om te getuig oral waar ons kom, veral in werksomgewing en om te bid dat die Here van die Oes arbeiders in die wyngaard sal instuur... Bybelkursusse is ‘n goeie nuwejaars uitdaging om aan te pak, want ek besef dat ons fondasie kennis van die Waarheid ver tekort skiet!. Lees Deut. 17:18-20 oor die koning se verantwoordelikheid om Bybel te lees, en ons is ook konings!

Nadat ons ‘n Briefing gekry het by oom Manie oor die toestand van die land het ons ‘n Ping Pong Championship gehou en ek het gewen, hoerai.

16 Janeiro het ek bietjie met ons groep geshare oor ons as die bruid van Christus deur te verwys na die ‘ancient Jewish Wedding', baie interressant. Later het ons in die park sokker gaan speel met kinders en toe die aand uitnodigings uitgedeel vir vandag se diens.

Die mense gaan slaap laat in die aande hier. So gemiddeld 23:00 of 00:00 en begin ook laat eers te werk, so 09:00 of 09:30... Ek staan darem elke oggend vroeg op om te gaan draf.

Gisteraand was ons by ‘n Portugese Revival Rock Night. Dit was baie cool. Daar was ook ‘n ou, Andre Bueno wat geteach het oor Subliminal Messages in Movies, MTV, & Marketing, my oe het amper uitgepop oor hoe ons samelewing wereldwyd gebombardeer word met seks, pornorgrafie, satanisme en moord!

Vanoggend, 18 Janeiro het ons ‘n heerlike diens gehad! Ek het bietjie getuig oor hoe die Here gewerk het in my familie en daarna het ons ‘n toneeltjie opgevoer en toe het ons leier Francois bietjie geshare oor kruispaaie in ‘n mens se lewe... Na diens het ons ‘n heerlike ete saam helfde van die gemeente geeet. Vanaand eet ons by ons gaste ouers en more gaan ons bedien by ‘n laerskool.

Lekker vol program, maar ek like dit baie!

May you be blessed with a undeniable love for God's Word and continue to grow in Knowledge of the Truth.

Johannes

Rate this blog entry:
let's get StartED...
Congratulations!
 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment

GC Logo White Jumper Man Transparent medium

Thanks to QuestionPro for providing us over 35 question types to choose from. The advanced question types help up collect deep insights.

© Global Challenge. All rights reserved.