80 Days
Egipte- Israel
Jumping
into GRACE
Vriende
Dit is 02:32am op Madrid lughawe, ek is stokflou, maar kan nie ‘n oog toemaak nie. Daar is te veel wat in my kop maal en êrens moet ek uiting gee aan oorlaaide emosies van oorstelpde vrede, blydskap en liefde!
80 Days het afgeskop met ‘n skepskop van die halflyn af en van die begin af punte op die bord gesit.
Ons spannetjie is nou op pad Portugal toe en sal sekerlik daar wees wanneer ek die brief klaarmaak. Ek kan ampertjies nie glo dat ons die eerste twee lande reeds deur is nie!
Ons het die 80 Days begin saam met my liewe meisie’tjie, Petro, se Tri Nations span van 6 wat by ons aangesluit het vir die Egipte–Israel been (pelgrimstog) voor hulle nou in Indië is toe om by ‘n plaaslike kinderhuis in Kota, wat Global
Challenge aangeneem het as ‘n uitreik projek te gaan dien saam met ‘n klomp ander energieke jongmense.
Ons het begin in Cairo. My fokus het totaal verskuif van verlede jaar:
Dit is anders om leiding te neem van ‘n groep, baie dinamiese jong leiers as om net een van hulle te wees. Dit is hierom dat ek nog nie eers by ‘n briefie uitgekom het nie. Maar ek prys die Here vir die groei en LEWE wat Hy aan elkeen skenk en dat ons groep as ‘n LIGGAAM funksioneer met lede afsonderlik. Dit is die lekkerste om in die oggende wakker te word en te sien hoe die manne besig is in die Woord en om die Here se aangesig te soek in alles. Dit maak alles die moeite werd!
Die eerste dag het ons sommer die piramides gaan sien en op ‘n ‘valuka’ (klein bootjie) gery op die Nyl rivier.
Die hoogtepunt hier was die “Garbage City Church”. Dit is ‘n gebied in ‘n ashoop area waar alle vullis heen geneem word en van dit herwin
word. Baie van die Christene van Cairo word ‘uitgewerp’ tot hierdie area om daar te bly. Die interessante is dat dit hier ‘skoner’ is in die strate en omgewing as in die “downtown” van Cairo waar ons gebly het.
In hierdie Garbage City is daar ‘n “berg kerk” wat ‘n amfi teater is wat ongeveer 7000 mense kan laat sit wat hulle gebruik as aanbiddingsplek.
Dit is ‘n belewenis om daar te wees. Daar is soveel detail in die argitektuur en konstruksie van die amfi teater en teen die berg is daar selfs Bybel verhale wat uitgebeeld word.
Die volgende aand was op Mount Sinaii. Ons het hom geklim die dag en die aand op die piek geslaap – die koudste aand van my lewe. Maar voor ons koud geslaap het, het ons ‘n “free worship” service gehad. Dit was so spontaan. Ons het ‘n paar skrifte gelees oor die skepping en kon nie anders as om Jahweh net te aanbid daar onder die sterre hemel nie.
Na 2 dae in Dahab, die kusdorpie langs die Rooi See, ‘n snorkel duik in die “Blue hole” en toe met ‘n bus op ‘n Eksodus uit die land van slawerny, in die beloofde land Israel!
Nou die tyd in Israel is waaroor ek eintlik wil skryf. Kyk ek staan in bewondering vir wat ons kon sien en beleef hier. Die fokus was “Ancient paths” en “Jesus Messiah”.
Ons was bevoorreg om ene oom Rykie Steyn, ‘n pastoor van Port Elizabeth wat die land Israel, DEEGLIK ken, saam met ons te hê. Hy is ‘n PASSIEVOLLE man wat hou van sing en ons jongklomp het hom terdeë geniet. Hier volg van die hoogtepunte:
In Jerusalem het ons in die Ou Stad gebly wat nog groot mure rondom het. Ons het die Olyfberg besoek en die Paternosterkerkie (waar die Onse Vader gegee is). Later die middag het ons in ‘n 2700jare oue ondergrondse tonnel rond beweeg – dit is koning Hiskia se tonnel wat hy gegrawe het
as ‘n geheime uitweg as die stad onder aanval was. Die tonnel eindig by die bad van Siloam waar Jesus een van die blinde manne laat sien het deur hom na die spesifieke bad te stuur om sy oë uit te was. Ek het sommer ook my oë uitgewas sodat die Here my ook maar laat sien (“open the eyes of my heart Lord” is my gebed)!
Die volgende dag het ons Berg Sion, die tempel area en die bad van Batesda besoek.
Vir middagete het ons by oom Rykie se vriend Shlomo, wat ‘n Messiaanse Jood is, middagete gaan eet. Hier was mense van ALL OVER THE WORLD aan tafel: uit Japan, Jamaica, Engeland, Brasilië, Israel, ens. Dit was amazing.
Die hoogepunt hierdie dag was die tuingraf waar ons nagmaal gebruik het. Die namiddag het ons die Oppersaal besoek waar Jesus die laaste maaltyd gehad het saam met sy dissipels en die laaste leringe aan hulle gegee het (Johannes 13-17). Dit is ook dieselfde plek waar die uitstorting van die Heilige Gees plaasgevind het...
En prys die Here, een van ons meisies is toe ook gedoop met die Heilige Gees hier.
Teen Woensdag was ons op die pad met ‘n bus wat ons gehuur het. Hier wil ek net stil staan vir ‘n oomblik en EER gee aan die Koning. Ons het ‘n addisionele R10 000 nodig gehad vir die bus, waarvoor nie begroot kon word nie en wat ons nie gehad het toe ons oor die grenspos van Israel ingekom het nie. Teen Dinsdag aand het ons dit gehad van 4 verskillende bronne... Op die bus het ons koortjies gesing, geslaap, geluister na interessanthede van oom Rykie soos wat ons ry ens.
Ons het stilgehou die eerste keer in Jerigo, die oudste stad in die wêreld, en die eerste stad wat die Israeliete verower het.
Vandaar ons beweeg na die Jordaan rivier. Hier het ek die wonderlikste voorreg gehad om 3 van die spanlede te doop! Die plekke se naam is Yardinet. Ek het ook die grootste voorreg ooit gehad om my eie meisie’tjie, Petro te doop! PRYS SY NAAM! Dit
was ‘n persoonlike HOOGTEPUNT!
Na die doop het ons ons gery na die see van Galilea en op ‘n “Worship boot” die dag afgesluit en die sons-ondergang geniet terwyl ons kliphard eer bring aan die Koning! Ons het die aand geslaap in Nasaret.
Die volgende dag het ons in Nasaret die “Nazareth village” besoek, wat finominaal was. Dit is ‘n bediening wat met soveel toewyding ‘n stuk grond uitgekoop het en herskep het om te lyk nes die tyd wat Jesus in Nasaret gebly het. Dit bring baie perspektief en van die gelykenisse wat Jesus vertel het, maak nou vir my soveel meer sin.
Teen verlede Vrydag het ons deur die Jisreël vallei gereis en Berg Karmel besoek waar Elia die profete van Baal gedood het. Ons het so ‘n salwing hier ervaar toe Abba kom wys dat die gees van Elia wat ook gerus het op Johannes die doper, vandag nog vaardig is om die harte van die vaders te laat terugkeer na die harte van hul
kinders. (Sien Maleagi 4>4-6 en Lukas 1>14-17).
Ons het ook ‘n besoek afgelê aan Kana waar Jesus die eerste wonderwerk gedoen het (by die bruilofsfees) en ons twee getroude paartjies (Egmont en Corlea en Jaco en Sonja) opgedra aan die Here in hulle huwelik. Dit was spesiaal.
Laastens het ons gestop in Joppe waar Jona ongehoorsaam was aan die Here deur na Tarsis gevlug het in plaas van na Ninevi en waar Petrus die gesig gesien het dat die heidene gereinig is en ook plek het in die Koninkryk. Baie belangrike plek.
Die Vrydagaand was ook vir my oorweldigend: Ons was terug in Jerusalem vir die Shabbat (die Jode se Shabbat is Vrydag aand tot Saterdag aand). Ons het gestap tot by die Westelike muur, die Kotel (hulle tempel area) waar hulle feesvier en aanbid. Duisende Jode het ingestroom en liedere gesing en gedans en gebid. Dit was ‘n gesig om te aanskou!
Later die aand het ek met die groep gedeel oor die “ancient Jewish wedding”
prosessie en hoe dit verband hou met ons as Christene wat die bruid is van Christus. Sjoe, baie perspektief gebring, veral na alles wat ons al gesien en beleef het.
Saterdag het ons vir oulaas met die bus gery en Masada besoek waar 967 Jode hulself om die lewe gebring hier in die berge, omtrent 60AD, by die paleis van koning Herodus, het eerder as om slawe te wees van die romeine wat hulle op daardie dag omring het en die volgende dag sou vermoor. Later het ons die dooie see besoek en daar ‘n heerlike dryf gehad.
Ek sluit af met die gevolgtrekking van die bogenoemde en ietsie wat ek persoonlik gekry het:
Elkeen geniet die journey sover. Dit is nie te sê ons word nie gekonfronteer met uitdagings nie. Dit sal ek dalk in ‘n volgende briefie verduidelik. Die gevolgtrekking is groei. Die Here is besig in ons harte om ons kapasiteit te vergroot en ons perspektiewe te vorm. Die skrif wat ons gekry het in Israel is die volgende een –
Act 1:
7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
Act 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Ons is nou op pad na die “uiterste” van die aarde. Reeds in Portugal waaroor ek later sal skryf en dan Guatemala. Bid asb vir ons beskerming, gesondheid en eenheid.
Op ‘n persoonlike front het ek die laaste aand voor ons van die Tri Nations span geskei is, profetiese woord ontvang dat daar GROOT dinge op pad is en wat die Here wil doen in en deur my lewe. Hiervoor stel ek myself beskikbaar en ek vra asb vir ondersteuning. Dit gaan behels dat ek ‘n Bybelstudent word en ek oorweeg ‘n paar opsies na CPX. Ek sal dit beslis nie sonder die BLESSING en ONDERSTEUNING kan doen van my familie en vriende nie. Fillipense 1:20 ...
volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.
Participant Blogs
Global Challenge Missions Blog Archive: These are real blogs, from real people, bringing real change...
Comments
Dear Johannus and the group,
Ek lees dit nu, na het blessing weekend dat we hebben gehad in Massamá.
Ek wens hullie Gods zegen toe op jullie reis naar Guatemala en in alle werk wat jullie daar gaan doen.(hoop dat je begrijpt wat ik schrijf-Nederlands-Hollands).
Het was een zegen jullie te leren kennen, wij willen bidden voor jullie!
um abraço, Hermanda and family